Kook is my groot passie en ek het altyd gedroom om ‘n Boerekos Kombuis oop te maak. In 2004 het hierdie droom waar geword, en ons het begin deur 8 geregte daagliks te bedien.

Gedurende hierdie tyd het ons ook begin met Toebroodjie platters.

Ons het vinnig besef dat daar ‘n groot behoefte vir gesonde, gekookte kos bestaan, en ons besigheid het so gegroei dat ons 30 – 38 geregte daagliks beskikbaar het. Ons Sondae gekookte etes het gegroei van 50 borde na ‘n rekord van 485 borde per dag, in Julie 2012. Tans maak ons 550 tot 700 borde op 'n Sondag.

Intussen het die toebroodjie borde gegroei na ‘n groot verskeidenhied platters en vingeretes. Ons doen nou spyseniering vir groot en klein funksies, troues ens, reg oor Pretroia.

Verskeie skole, kleuterskole en nasorgsentrums asook kerke in die Montana/Wonderboom area maak daagliks van ons dienste gebruik. 

Ons lewer ook 4 keer per week by 'n verskeidenheid aftreeoorde in die Montana omgewing, borde gekookte kos aan inwoners, op bestelling.

Ons is so bevoorreg dat ons span kan bestaan uit myself, Maryna, my man, Johan en 2 van ons 3 dogters, Madaleen en Chrisna. Ons is baie lief vir wat ons doen, en baie geseend dat ons so bevoorreg is om saam hierdie passie van ons te kan uitleef.