Kook is my groot passie en ek het altyd gedroom om ‘n Boerekos Kombuis oop te maak. In 2004 het hierdie droom waar geword, en ons het begin deur 8 geregte daagliks te bedien.

Gedurende hierdie tyd het ons ook begin met Toebroodjie platters.

Ons het vinnig besef dat daar ‘n groot behoefte vir gesonde, gekookte kos bestaan, en ons besigheid het so gegroei dat ons 28 – 30 geregte daagliks beskikbaar het. Ons Sondae gekookte etes het gegroei van 50 borde na ‘n rekord van 485 borde per dag, in Julie 2012.

Intussen het die toebroodjie borde gegroei na ‘n groot verskeidenhied platters en vingeretes. Ons doen nou spyseniering vir groot en klein funksies, troues ens, reg oor Pretroia.

Verskeie skole en kerke in die Montana/Wonderboom area maak daagliks van ons dienste gebruik. Ons lewer bv daagliks etes aan die Nasorgsentrums van Wonderboom en Magalieskruin Laerskole.

Ons lewer ook 4 keer per week by 5 verskillende aftreeoorde in die Montana omgewing, borde gekookte kos aan inwoners, op bestelling.

Tans doen ons ook daaglikse spyseniering vir die baie bekende Bougainvilla Aftreeoord in Montana. In September 2014 was ons ‘n jaar hier bedrywig en bedien ons tans tussen 250 en 350 etes elke middag.

Ons is so bevoorreg dat ons span kan bestaan uit myself, Maryna, my man, Johan en 2 van ons 3 dogters, Madaleen en Chrisna. Ons is baie lief vir wat ons doen, en baie geseend dat ons so bevoorreg is om saam hierdie passie van ons te kan uitleef.